TECHNICAL ARTICLES Dairy

Limpopo Melkery – MPO Noord Boer van die jaar

Limpopo Melkery het tydens die afgelope Meester Suiwelboer Toekennings vir die Transvaal streek, gewys dat hulle van die top Holstein en Jersey kuddes het in Suid Afrika. Die Holstein koeie wat gemiddeld oor die 12000 kg melk geproduseer het, het die tweede hoogste indeks vir Holsteins behaal terwyl die Jerseys die eerste plek ingeneem het. Die kudde het vanaf 1979 van krag tot krag gegroei en Joubert Fourie is op 9 Augustus 2006 aangewys as die MPO Noord se Boer van die Jaar, tydens ‘n galageleentheid waar hulle een van die vier finaliste was van die kompetisie. As die “koei-onvriendelike” klimaat waar die kudde voorkom ( Louis Trichardt) in ag geneem word, is dit voorwaar ‘n besondere prestasie wat getuig van voortreflike bestuur.

Meadow Voere wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Joubert Fourie en die personeel van Limpopo Melkery baie geluk te wens met die besondere prestasie.

Date published: 2006-11-23

Author:
N/A

Publication:
N/A