TECHNICAL ARTICLES Dairy

Behandel Hoë Produseerders Soos Atlete

PICTURE

At van den Bergh:

Holsteinman in murg en been

Uit sy 130 Holsteinkoeie-in-melk, spog At van den Berg van Kinross met nie minder nie as drie koeie wat meer as 90 liter melk per dag produseer en sewe bo die 80 liter-merk. Dit, in enige melkboer se taal is besonders.

Hoe kry hy dit reg? Wat is sy geheim?

“‘n Melkoei se laktasie is baie soos ‘n maraton – haar sukses berus op die manier waarop sy voorberei is. Hoe beter die voorbereiding, hoe beter die resultate,” verduidelik hy. Al die bestuursfasette van ‘n melkboerdery, verduidelik hy, is baie belangrik, maar wanneer dit oor topproduseerders gaan, staan twee uit. Dit is droëkoeibestuur en voeding.

“Wanneer jy met ‘n hoë produseerder sit, dan is dit nie so maklik om hulle betyds af te droog om hulle effektief vir die volgende laktasie voor te berei nie. Dan moet mens van skoktaktiek gebruik maak.” Wat hy doen is om vir so twee of drie dae een melking oor te staan, en haar daarna net een keer per dag te melk. Gedurende hierdie tyd word sy ook uit haar melkgroep gehaal en by die droë koeie gesit. Dié skok veroorsaak gewoonlik die gewenste daling in melkproduksie.

“Gedurende dié proses gee ek haar so drie keer droëkoeibehandeling en hou haar baie fyn dop vir enige komplikasies. Dis hier waar my klem op goeie temprament in my teëlbeleid vrugte afwerp. As gevolg van die goeie temprament van my diere, hanteer hulle maklik en kan ek rustig tussen hulle rondbeweeg en hule noukeurig dophou.

Droë periode

Gedurende die droë periode moet die koei in optimum kondisies wees vir haar volgende laktasie. Sy moet nie te vet wees nie, maar tog genoeg reserves hê om die hoë eise van die laktasie te weerstaan. ‘n Kondisieteling van 3,5 is ideal.

y kalwing moet sy reeds op haar TGR-rantsoen wees, waarmee sy saam met die beste moontlike hooi en ikoniese soute kry. Die oorgang van ‘n droëkoeirantsoen na ‘n volledige rantsoen, glo hy, is ‘n groot skok op die dier se sisteem.

Daarom moet sy soveel hulp moontlik kry. “Ek glo sterk in die toediening van propileengikol en rumix om haar metabolisme so vinnig moontlik aan die gang te kry.” So twee weke voor kalwing doen hy ‘n kritiese evaluering op die koei. As haar uier nog nie styf is nie, of as daar nog nie tekens van edeem is nie, begin hy haar stadig van die volvoermengsel voer. Dit, voel hy, vergemakllik die oorgang van die droëkoeirantsoen na die volvoerrantsoen.

Die koei kry 500ml propileengikol die eerste dag na kalwing, 400ml die tweede dag en 350ml die derde dag.

PICTURES

So moet ‘n uier mos lyk. Hierdie Juror-dogter produseer meer as 90 liter per day.

Rooigras

Wat voeding betref, glo hy daarin dat koeie wat hulle kant in die kudde bring, net die heel beste verdien. Hy maak gebruik van ‘n volvoermengsel wat deur Meadow vir hom gemeng word en produseer die heel beste kwaliteit langhooi op die plaas. ‘n Interessante punt hier is dat hy ook rooigras op sy plaas ontgin.

“Ek glo dat die rol van die rooigras heetemal onderskat word. Proewe wat ek hier gedoen het dui daarop dat ek, deur rooigras wat jonk gesny is te ammonifiseer, die protein inhoud van sowat 4,7% to by 12% kon verhoog. Die koste van ‘n ton geammonifiseerde rooigras is drie keer minder as om ‘n ton aangeplante hooi te produseer. Mens moet net kyk met hoeveel smaak die rooigras gevreet word om enige twyfel oor die waarde daarvan uit die weg te ruim.”

At het ‘n baie praktiese benadering tot sy melkery. In die eerste plek, sê hy, is hy doodgewoon versot op Holsteins. Dit is vir hom lekker om elke dag tussen sy koeie rond te beweeg en met hulle te werk.

“Ek glo die woorde wat iemand een keer geskryf het: ‘as ‘n mens dit eers gevind het waarvan hy hou om te doen, werk hy nie weer ‘n dag in sy lewe nie’. As ek so tussen my koeie is, kan ek nie aan enige ander plek dink waar ek eerder wil wees nie. As haar genetika reg is, moet sy ten alle koste behou word.

“Neem nou maar mastitis. Is die verlies van een kwart genoeg rede om die genetika waaraan mens basies jou lewe wy om te ontwikkel, sommer net so tot niet te maak? Daar is mos geen rede waarom ‘n koei met drie kwarte nie nog net so winsgewend kan wees en ‘n belangrike bydrae tot jou genetika kan maak nie.”

Interkalfperiode

‘n Ander saak waaroor hy baie sterk voel is die klem op interkalfperiode. “Ek dink die konsep van ‘n kort interkalfperiode word van ‘n ekonomiese oogpunt heeltemal oorskat. Gaan bereken ‘n slag die marge bo voerkoste van ‘n goeie produseerder met ‘n laktasie van 400 dae en jy sal sien dat so ‘n koei ‘n aansienlike bydrae tot jou winsgewendheid maak. Waarom sou jy so ‘n koei wou uitskot?”

“Vir my moet ‘n koei aan drie vereistesvoldoen, naamlik ‘n goed-aangehede uier, ‘n goeie kapasiteit om voer in te neem en ‘n uitstekende temperament.

“Die invloed van die bul op hierdie faktore is enorm. Daarom spaar ek nie en neem nie kortpaaie as dit by die keuse van bulle kom nie. Ek sal eerder midner kos in die huis hê as om minderwaardige bulle te gebruik om kostes te bespaar.”

Date published: 2003-12-01

Author:
Izak Hoymeyr

Publication:
Dairy News