TECHNICAL ARTICLES Beef

Winsgewendheid – die sleutel tot sukses!

Winsgewendheid, bly altyd die sleutel tot sukses, maar waar insetkostes by die dag verhoog, en produsentepryse nie noodwendig die tendens volg nie, hang daar soms vraagtekens rondom winsgewendheid. Daar is egter baie suksesverhale wat toon dat die regte bestuurspraktyke en besluite winsgewendheid kan verhoog.

Hannes Kotzé van die plaas Alexandershoek in die Swartland is een van menigte sulke voorbeelde. Hannes het twee jaar gelede begin om Prolick produkte van Meadow te gebruik. Hannes het ongekende verbetering gesien in die besettingsyfers van sy ooie. Die ooie het meer melk en speen swaarder en meer lammers en terselfdertyd word sy ramme meer koste effektief voorberei vir veilings.

Hannes het onlangs verskeie toekennings verower in die Wes- en Suid- Kaap se SA Vleismerino kampioenskappe waaronder die Victor Ludorum, Snr. en Jnr. Kampioene, asook reserwe kampioene in verskeie kategorieë. Hannes se hoogtepunt was toe een van sy ramme as SA Senior kampioenram in 2007 by die SA Vleismerino nasionale kampioenskappe aangewys is. Hier is hoe hy meer winsgewend geword het met Prolick van Meadow.

Voeding van Ooie

Hannes laat sy ooie drie keer in twee jaar lam. Die ooie ontvang Supreme 20 (V 18601) teen 300 g/ooi/dag as prikkelvoeding vanaf 30 dae voor paring totdat die ramme by die ooie uitgehaal word. Supreme 20 stimuleer ovulasietempo wat ‘n hoër lampersentasie tot gevolg het. Die laagste besettingsyfers (ooie dragtig / ooie gepaar), op sy jong ooie, is 93,4% terwyl 97,5% op die volwasse ooie behaal word.

Na paartyd bewei die ooie stoppellande waar hulle Stoppelland Lek (V 15387) teen 120 g/ooi/dag ontvang. Ses weke voor lamtyd word die ooie oorgeskakel na Lambing Lick (V 18598 ) teen 250 g/ooi/dag. Tydens hierdie tyd vind 80% van fetusgroei plaas, en uierontwikkeling, bies- en melkproduksie word gestimuleer deur goeie voeding. Die voedingstatus van die ooi in hierdie tyd het ook ‘n substansiële impak op die aanvang van estrus en ovulasietempo in die volgende paarseisoen. Lambing Lick spreek al hierdie behoeftes aan – die lampersentasie oor die totale kudde by Alexandershoek is 176%. Lambing lick aavullings word aanbeveel tot agt weke na lam.

Speentyd

Die spesifieke aanvulling vanaf 6-8 weke na lam tot speen word bepaal deur die kwaliteit en volume weiding wat beskikbaar is. Ooie op droë weidings ontvang Stoppelland Lek teen 120 g/ooi/dag met ad lib. voorsiening van Lamkruipkorrels vir die lammers. Indien groen weidings beskikbaar is word Beefbooster 18 (V 15249) teen 300 g/dier/dag aan die lammers voorsien. Die gemiddelde speenmassa op 100 dae, is 35kg vir sy ooilammers en 44kg vir die ramlammers.

Voer van Ramme

Die uitdaging van ‘n stoetteler is om sy diere op die beste moontlike massa en kondisie te kry, sonder om die effektiwiteit, aanpasbaarheid en behendigheid van die stoetdiere te belemmer. Hannes het baie goed hierin geslaag deur van twee voedingstelsels gebruik te maak. Wanneer groen weiding beskikbaar is, ontvang die ramme ‘n aanvulling van Beefbooster 18 teen ‘n inname van 300g/dier/dag en ‘n groeitempo van 300g/dag word hier teen ‘n relatiewe lae koste behaal.

Wanneer die diere vir veilings voorberei word, ontvang hulle vanaf ongeveer 3 maande voor die veiling ‘n mengsel van Hitech Feedlot 50 (V 15248), Multimix 40 (V 18607) graan en ruvoer teen 1% van liggaamsmassa. Hier word toenames van gemiddeld 350g/dier/dag aangeteken. Nader aan die veiling word die inname geleidelik verhoog om die verlangde graad van afronding te behaal.

Soortgelyke sukses is behaal met die Swartland Vleismerino Veldramklub wat dieselfde produkte gebruik het en gemiddelde daaglikse toenames van 315g/dier/dag op stoppellande aangeteken het met Beefbooster 18. Hierdie groei is verkry teen ‘n koste van R1,77/kg lewende massa teenoor die vorige beste koste van R3,34/kg op ander produkte. Ramme het oor die periode gemiddeld 26kg massa toegeneem, teenoor die vorige beste prestasie van 13kg oor dieselfde periode, en dit teen 50% van die koste.

Kontak gerus u naaste Meadow tegniese adviseur of Jurie Naudé by 082 779 8404 indien u enige navrae het. Alternatiewelik kan u ook vir Hannes Kotzé kontak by jckotze@wcaccess.co.za of by 082 926 1179.

Al die Meadow Prolick produkte in hierdie artikel, is vir beide skaap en bees geregistreer, en landswyd beskikbaar. Kontak gerus u naaste Meadow fabriek of besoek ons webblad vir meer inligting. www.meadowfeeds.co.za

Hannes Kotzé (eienaar) by die 2007

SA Vleismerino Senior Kampioenram

Date published: 2008-03-21

Author:
Jurie Naude

Publication: N/A