TECHNICAL ARTICLES Beef

Rond jou kalwers af met Prolick Voerkraalkonsentrate

Weens dina miese veran deringe in die markomge wing die afgelope paar jaar, kompeteer hedendaagse produsente nie slegs met plaaslike konkurrente nie, maar ook met ingevoerde produkte. Van hierdie ingevoerde produkte word gesubsidiëer en die gepaardgaande invloed van inflasie noodsaak produsente om die effektiwiteit van hul produksieproses te verbeter. Om hierin te slaag is dit noodsaaklik dat die boer sy kostes sal verlaag en sy inkomste verhoog, deur waarde tot sy produk op die plaas toe te voeg. In die veekomponent van ‘n boerdery is die voerkraalafronding van diere so ‘n moontlikheid.

Meadow Feeds bied ‘n volledige reeks lekke en voerkraalkonsentrate wat bekend staan as die PROLICK-reeks om onder verskeie toestande in u befoeftes te voorsien. Verskeie voerkraalkonsentrate uit hierdie reeks word in hierdie nuusbrief aan u bekend gestel.

1. HPK 85

HPK 85 is ‘n lae-insluiting (5%) afrondingskonsentraat vir herkouers. Die produk kan in verskillende verhoudings met graan en ruvoer gemeng word om semi-volledige of volledige afrondrantsoene saam te stel. Sien Tabel 1 vir die menginstruksies vir volledige bees en skaapafrondrantsoene.

2. Hitech Voerkraal 50

Konsentraat
Hitech Voerkraal 50 Konsentraat is ‘n afrondingsproteïenkonsentraat vir herkouers wat met graan en ruvoer gemeng word (Tabel 1).

Vir ligte kalwers (<260 kg) kan 50 kg mielies met 50 kg Meadow Multimix 40 Konsentraat vervang word om addisionele hoë kwaliteit proteïen te verskaf, wat spierneerlegging verbeter. Omdat lammers 'n hoër proteïenbehoefte as kalwers het, word 100 kg Multimix 40 Konsentraat in die afrondrantsoen vir lammers ingesluit.

3. Fibretech Voerkraal 25 Konsentraat

Wanneer ruvoer nie beskikbaar is nie of baie duur is bied Fibretech Hitech Voerkraal 25 die ideale oplossing. Behalwe vir die graankomponent, bevat hierdie proteïenkonsentraat vir herkouers al die nodige voedingstowwe, sowel as die totale ruvoer behoefte van die dier. Fibretech Voerkraal 25 Konsentraat word slegs met mielies gemeng (Tabel 1) om ‘n volledige gebalanseerde afrondrantsoen daar te stel.

4. Multimix 40 Konsentraat

Hierdie is ‘n nie-proteïen stikstof (NPN) vrye, hoë kwaliteit proteïen konsentraat, wat noodsaaklike spoorminerale bevat. Multimix 40 Konsentraat kan vir die meng van ‘n wye verskeidenheid tuismengsels gebruik word, maar is ideaal om die proteïenkwaliteit in afrondrantsoene vir voerkraaldiere te verbeter.

5. Makropakke/Kliëntemengsels

Kliëntemengsels in die vorm van makropakke kan ook vir u spesifieke behoeftes saamgestel word. In die samestelling van sulke mengsels word die chemiese samestelling van die beskikbare grondstowwe in ag geneem en slegs daardie bestanddele waarvoor daar ‘n tekort is in die makropak bygevoeg.

Spesiale bestanddele wat prestasie kan bevorder kan ook in die makropak ingesluit word.

Voorbeelde van verskillende volledige afrondrantsoene vir beeste en skape word in Tabel 1 verskaf.

Menginstruksies vir volledige afrondrantsoene met Prolick voerkraalkonsentrate.

Tabel 1 Menginstruksies vir volledige afrondrantsoene met Prolick voerkraalkonsentrate.

TABLE

Dienste wat Meadow Feeds in die voerkraalmark bied:

  • Gereelde besoeke deur ervare tegniese adviseurs en/of spesialis voedingkundiges
  • Akkurate tegniese advies om u winsgewendheid te verbeter
  • Naby-InfraRooi Spektofotometrie (NIRS) ontledings bied vinnige, akkurate resultate op die chemiese samestellings van prominente, gekalibreerde grondstowwe
  • Vooruitskouiings ten opsigte van kritiese grondstofpryse en beskikbaarheid

NUUT!!! NUUT!!!

Realistiese finansiële projeksies d.M.V. ‘n simulasie model

Hierdie model is nie op ‘n reglynige projeksie gebaseer nie, maar neem variasie binne diere in ag en bied daarom ‘n baie meer realistiese winsprojeksie.

Vir verdere navrae, kontak gerus vir Joubert Nolte (082 419 6588).

Date published: 2006-11-23

Author: N/A

Publication: N/A