TECHNICAL ARTICLES Beef

Prolick Somer Produkte

In die strewe om voortdurend aan ons kliënte nuwe en innoverende produkte en produksie te bied, het Meadow ‘n nuwe era betree in die reeks somer produkte wat aangebied word. Die reeks lyk nou as volg:

Fosfaat aanvulling

KIMTRAFOS 12 GRANDE (V 1552)

Prolick het sy bestaande Meadowmin P12 weerhou van die mark, en sal voortaan Kimtrafos 12 Grande aan sy kliënte bied. Hierdie produk is welbekend en baie goed gevestig as ‘n P12 van hoogstaande gehalte en verteerbaarheid. Dit is ongetwyfeld ‘n verbetering op ons vorige produk, en die samestelling daarvan lyk as volg:

TABLE 1

PHOSSURE 12 (V 12858)

Aangesien fosfaat – aanvulling meestal tydens die reënseisoen geskied, is dit soms moeilik om die lekke sodanig te bestuur dat die voer nie nat reën nie. Vir hierdie doel is daar ‘n tweede P12 produk beskikbaar. PhosSure 12 is met ‘n melasse byproduk verryk wat oor ‘n unieke reën weerstandbiedende eienskap beskik. PhosSure 12 bevat ook verhoogde vlakke van die belangrikste spoorminerale.

TABLE 2

SUMMERPHOS P9 (V 18596)

Laastens in die fosfaatreeks, is die klaargemengde fosfaatlek Summerphos P9 ook verbeter in die opsig dat dit nou ook reën weerstandbiedend is. Dit is verkry deur dieselfde melasse byproduk as in PhosSure by te meng. U mag dalk ‘n effense anders, maar baie meer verbruikersvriendelike Summerphos P9 ontvang wanneer u weer bestel.

Die gerief en verbuikersvriendelikheid van hierdie produk word gekomplimenteer deur die unieke samestelling wat die benutting van die beskikbare weiding verbeter deur rumenstimulering, en optimale spoormineraal aanvulling. Daarbenewens lewer hierdie produk baie suksesvolle hoër innames, wat voldoende fosfaat aanvulling en gevolglike verhoogde produksie lewer.

BEEFBOOSTER 18 (V 15249)

Die kersie op die koek is natuurlik altyd die onverbeterlike koste – effektiewe Beefbooster 18. Hierdie is ongetwyfeld die produk op ons mark wat die vinnigste wins genereer teen die laagste koste tydens die groeiseisoen op skape, en beeste, beide suiwel en vleisrasse. As u nog nie die produk gebruik het nie, het u nog nie goeie geld gemaak in die veebedryf nie. Moenie uitstel nie, vind meer uit, kom kyk na ons uitstekende resultate regoor die land oor alle rasse en spesies.

Kontak gerus u naaste Meadow verkoopsbestuurder om ook te verneem oor ons groter en sterker verkoopsmag in die veld.

Date published: 2006-11-23

Author:
Jurie Naud

Publication: N/A